Clarens  25-12-09 103

Daar is min skatte in die lewe wat kan vergelyk met familie fotos en Ouma se resepte.  Hier is een van my gunsteling.

Ouma se Mieliebrood.

Soos Ouma sê ‘ ‘n Wenner in spesiale pan.’

2 Koppies flour (Ouma meng sommer Engels en Afrikaans deurmekaar)

3 teelepels  Bakpoer

1/2 teelepesl sout

1/2 Koppie melk

1/2 Koppie suiker

2 Geklitste eiers

2 Eetlepel Olie

1 Blik 415 Gram geroomde Suikermielies (cream style)

Dan:

  • Meng alles op
  • Krap in ringpan
  • Bak 11 min op hoog in Mikrogolf (sien julle het gedink ‘old fashioned style).
  • Bedien met Botter en Stroop

Dis die stroop – lekker vetmaak maar lekker tuisgemaak.  mieliebrood

 

Foto Huisgenoot

Dankie Ma Sarie xxx

 

 

Tagged on: